Andy Warhol

Andy Warhol
Andy Warhol in 1977
Gebore6 Augustus 1928
Sterf22 Februarie 1987 (op 58)
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepDrukkuns, verf, teater, fotografie
Bekend virChelsea Girls (rolprent van 1966)
Exploding Plastic Inevitable (1966-gebeurtenis)
Campbell's Soup Cans (1962-skildery)
Handtekening

Andy Warhol (6 Augustus 192822 Februarie 1987) was 'n Amerikaanse kunstenaar, avant-garde rolprentmaker, skrywer, en sosiale figuur. Warhol het ook gewerk as 'n tydskrifuitgewer, musiekprodusent en akteur. Met sy agtergrond in die kommersiële kuns was Warhol een van die stigters van die Popkuns-beweging in die Verenigde State in die 1950's.

Warhol is veral bekend vir sy eenvoudige dog groter as lewensgroot, kleurkontrasterende skilderye (sifdrukwerke) van verbruikersitems, alledaagse voorwerpe soos Campbell se geblikte sop, papawerblomme en 'n piesang wat op die omslag van die musiekalbum The Velvet Underground and Nico (1967) verskyn het. Hy is ook bekend vir sy gestileerde portrette van twintigste eeuse ikone soos Marilyn Monroe, Elvis Presley, Jacqueline Kennedy Onassis, Brigitte Bardot en Elizabeth Taylor.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search